My Storie

Hey!
Ek is Leandie

die Skoondogter en eienaar van SKOONMA CLOTHING.

Ek was nog altyd behep daarmee om ‘n styl te hê wat eg is aan wie ek is. Ek kon dit tog so haat as my ma my klere laat dra het wat ek niks van gehou het nie.  Toe ek groot geword het het my oorle Ma vir ons klere gemaak om elke dag aan te trek (wat ek toe natuurlike gedink het aaklig is), maar nou soos ek terug kyk wens ek dat ek dit meer waardeer het.  Sy was so talentvol en presies met haar werk. Gelukkig het sy vir my ‘n skatkis van ou vintage patrone gelos en al haar masjiene nog in ‘n werkende toestand.

Soos ek ouer geword het, het ek meer en meer in my eie identiteit in gegroei en ek het verlief geraak op die Vintage en Retro straat style.  Ek het begin klere koop by tweedehandse winkels en besef hoe mooi ‘n tikkie vintage saam met moderne items kan lyk. My trourok ontwerper Kobus Rautenbach het op ‘n dag vir my gesê dat ek regtig daaroor moet dink om my eie reeks te begin omdat ek altyd my eie idees en maniere het met my klere.  Hy het ‘n saadjie geplant en dit het 2 jaar gevat vir my om die saadjie water te gee na ‘n gesprek met ‘n spesiale vriend en kollega, Walton Kruger wie se besigheid (Amiici) vandag ons aanlyn winkel bestuur. Ek wou klere maak wat mense graag sal wil dra, maar nie op enige ander plek in SA sal vind nie.

Toe ek besluit het om dit ‘n kans te gee was die enigste persoon wat my op daardie tyd kon help my ongelooflike skoonma, Marie Bosch, vandaar die naam – SKOONMA.  My man het eintlik die naam uitgedink, maar ek het baie gehou van die storie agter dit en die konnatasie wat dit ook met ma het. Dit was ‘n manier vir my om ‘n huldeblyk te bring aan my ma (dit is waar die “ma” in SKOONMA ‘n spesiale en relevante betekenis kry). In Januarie 2017 het ek vir ‘n maand by my skoonma se huis in Potchefstroom gaan bly en ons het saam begin werk aan die eerste twee versamelings van die klerereeks.

My skoonma maak nog sommige van die uitrustings, maar vir nou het ons ‘n wonderlike span in Randburg wat deur Lizette Uys gelei word.  Hulle skenk lewe aan my idees soos slegs hulle kan. My visie met SKOONMA was nog altyd om werk te skep en om talentvolle kleremakers ‘n geleentheid te gee wat nog nie ‘n stem of behoorlike platform het om hulle vaardigheid en talente uit te leef nie.  Ek wou ook graag vroue aanmoedig om aan te trek op ‘n manier wat wys wie hulle werklik is in op hulle eie mooi en unieke manier.

Vir nou is ons baie eksklusief so ons maak net ‘n klein aantal hoeveelhede van elke ontwerp om die risiko van jou wat in iemand kan vasloop met dieselfde item as jy te verminder. Ons is besig om uit te brei deur meer van ‘n verskeidenheid van items en ontwerpe aan julle te kan lewer. Ons het ook bykomstighede soos leer moon bags – en belde en handsakke, DU RANDT BOSCH 2017 GRATEFUL rooiwyn, I AM BLESSED Dagbeplanners en het onlangs ‘n nuwe reeks begin, SKOONSUSSIE ‘for the little lady’ ouderdom 3 maande tot 5 jaar. Dankie dat jy ons storie gelees het en dat jy saam ons op die avontuur en reis gaan en ook BAIE DANKIE dat jy plaaslik ondersteun.

BLESS JOU!

Leandie, die Skoondogter

LeandieHandtekening
Add to cart