Die Begin

Ek was altyd omring met materiale, teksture en die klanke van klere wat gemaak word deur my ma.  Sy het so baie mense beïnvloed en geinspireer deur die mooi klere wat sy gemaak het.  Sy het so baie vaardigheid en talent gehad.

Ek aan die ander kant het gedink dis vreeslik outyds en glad nie my styl nie.  Vandag hou ek so baie van al daardie “lelike” patrone wat sy destyds gebruik het.  Die einste enes wat ek gevind het in die bokse wat sy vir my gelos het.  As sy my ooit nou kon sien het sou sy my verseker geterg het daaroor.

Dit het my geleer dat grootword magical is en ‘n aanhoudende proses is waar jy elke dag nuwe dinge van jouself ontdek en leer.

Die idee van handgemaakte klere het meer en meer aanloklik vir my geraak soos wat ek gegroei het tot my eie identiteit.  Om iets te skep wat vir die wêreld kan wys wie jy is het vir my ‘n lieflike idee geword.

Ek het besef dat in ‘n wêreld waar meeste goed massa vervaardig word is dit soms moeilik om klere te kry en ‘n styl te skep wat eie is aan jou hart en menswees.

Al maak dit my hartseer om te weet ek kan dit nie vandag met my ma deel nie, weet ek sy het my gelos met een hell of a legacy en baie mooi dinge waarmee ek kan werk en vir dit sal ek altyd dankbaar wees.

Ek wil ander inspireer deur ‘n lewe van dankbaarheid te leef.  Leef in die oomblik van nou en bring die mooi dinge van die verlede saam op jou reis.