About

Home/About

DIE BEGIN

Die Hoekom

Ek was altyd omring met materiale, teksture en die klanke van klere wat gemaak word deur my ma.  Sy het so baie mense beïnvloed en geinspireer deur die mooi klere wat sy gemaak het. Sy het so baie vaardigheid en talent gehad.

Ek aan die ander kant het gedink dis vreeslik outyds en glad nie my styl nie.  Vandag hou ek so baie van al daardie “lelike” patrone wat sy destyds gebruik het.  Die einste enes wat ek gevind het in die bokse wat sy vir my gelos het. As sy my ooit nou kon het sou sy my verseker geterg het daaroor.

Dit het my geleer dat grootword magical is en ‘n aanhoudende proses is waar jy elke dag nuwe dinge van jouself ontdek en leer.

Die idee van handgemaakte klere het meer en meer aanloklik vir my geraak soos wat ek gegroei het tot my eie identiteit.  Om iets te skep wat vir die wêreld kan wys wie jy is het vir my ‘n lieflike idee geword.

Ek het besef dat in ‘n wêreld waar meeste goed massa vervaardig word is dit soms moeilik om klere te kry en ‘n styl te skep wat eie is aan jou hart en menswees.  Ek wou graag geleenthede skep vir kleremakers en ontwerpers wat uitrustings moet skep om hulle siel lewendig te hou. Ek will ook my ma se legacy laat voort leef.

Al maak dit my hartseer om te weet ek kan dit nie vandag met my ma deel nie, weet ek sy het my gelos met een hell of a legacy en baie mooi dinge waarmee ek kan werk en vir dit sal ek altyd dankbaar wees.

Ek wil ander inspireer deur ‘n lewe van dankbaarheid te leef.  Leef in die oomblik van nou en bring die mooi dinge van die verlede saam op jou reis.

Skoonma Se Begin

Wanneer dit by mode en styl kom is thrift shopping vir my soos skatte jag.  Dit is ‘n wonderlike manier om elemente van vorige eras by my uitrustings te voeg.

Ek het baie komplimente begin kry oor items wat ek dra wat uit tweede-handse winkels kom en mense wou weet waar ek dit gekoop het. Toe besef ek dat daar ‘n behoefte is aan tweede-handse styl items maar met ‘n vars uitkyk en meer moderne touch.  Ek wou ook baie graag klere begin skep wat ek op sosiale platforms sien vanuit Europa en Amerika en wat ek graag wou hê maar nêrens in SA kon vind nie.

My liefde vir mode en die revival van retro straat styl het my laat dink en my laat droom……

en dit is waar Skoonma begin het.

Dit sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning en ongelooflike aanmoediging van my familie en mentors soos Kobus Rautenbach nie.

WAT IS SKOONMA?

Skoonma is ‘n een in sy soort aanlyn klerewinkel.  As ‘n spontane, energieke mens is ek passievol daaroor om elke dag die beste weergawe van myself te wees. Ek wil so eerlik en eg as moontlik aan my siel lewe.

Die klere wat jy dra is ‘n wonderlike manier om jouself en hoe jy voel uit te druk en met die wêreld te deel.  Dit is die hele wese van hierdie winkel.

“Style is a deeply personal expression of who you are, and every time you dress, you are asserting a part of yourself.” – Nina Garcia

Die Skoonma Winkel

Skoonma is ‘n klerereeks ontwerp en geskep deur myself, eienaar Leandie du Randt Bosch.  My skoonma het my gehelp met die eerste twee reekse in 2017, en daarom die naam, ons was gelukkig genoeg dat dit so vinnig gegroei het dat ek ‘n CMT, Leading Edge in George begin gebruik het om die klere te vervaardig en by te bly by die aanvraag.

Hierdie fantastiese span dames help my om een van my drome te leef. Onder die leiding van die baie talentvolle Ennie Smith wat die patrone en samples maak vir ons reeks.  

Ons het ook ‘n Skoonma Custom opsie waar ons soms van ons skeppings  spesiaal sal maak volgens jou mates teen addisionele kostes.  Om van hierdie opsie gebruik te maak stuur gerus ‘n e-pos aan: info@skoonma.com

As jy van ‘n vintage straat styl hou en geïnspireer word deur die ongewone sal jy tuis voel in ‘n skoonma skepping. Dit is ‘n klassieke viering van mode, die lewe en JOUSELF.

Loer gerus bietjie rond in ons winkel, daar is baie om te ontdek.  Skoonma hou van bykomstighede en het ‘n paar great opsies beskikbaar asook my, Leandie du Randt Bosch se self-help boek en jaarlikse Dag Beplanners. Alle Skoonma items maak lekker geskenke en mooi Instagram fotos. 😉 Ons het ‘n #lookofthemonth elke maand waar die persoon wat die beste uitgevat is in ‘n Skoonma uitrusting ‘n aanlyn voucher, 2 bottels wyn van Hermanuspietersfontein en ‘n Aramex Couriers promosie pakkie kan wen.

Ek wil vir jou die geleentheid skep om jou klerekas heeltemal jou eie te maak, uniek soos jy is. Skoonma gee jou ‘n kans om dinge te dra wat jou mooi en selfversekerd laat voel.  

Alle Skoonma items word in beperkte hoeveelhede gemaak.  Ons wil graag eerder unieke produkte van kwaliteit skep as om dieselfde items oor en oor te skep wat elke tweede mens in die straat dan het.  So as jy iets uniek soek is Skoonma die winkel waar jy dit gaan kry.