FAQ

Home/FAQ

Groottes:

Alle groottes word aangedui by elke individuele produk.

Maak asb seker dat jy die regte grootte koop… bedel ‘n maatband by ‘n maat en voorkom enige teleurstelling!

Hoe Bestel/Koop Ek?

Gaan op ons website na die WINKEL tab/blad. Kies die tipe produk wat jy wil aankoop (click op foto). Click dan op die produk wat jy wil koop.

Kies jou grootte en kleur (indien van toepassing).

Kies die hoeveelheid (indien van toepassing).

Click die rooi ADD TO CART knoppie.

(Indien jy nog produkte wil koop, begin weer deur op die WINKEL tab/blad se druk)

As jy nou klaar gekoop/bestel is, druk op die VIEW CART knoppie (of) Click op die CHECKOUT knoppie/tab in die menu.

Tik dan asb al jou besonderhede in, sodat ons die pakkie kan stuur.

Payfast is die beste en veiligste manier van betaling (baie veilig); dit is ‘n eksterne party met hul eie prosedures…volg dit en als sal verduidelik word.

As alles ingevul is, druk die rooi PLACE ORDER knoppie.

As jy dan die betaling maak, sal jy die volgende boodskap sien.

Thank you. Your order has been received.

Jy is nou klaar en jy sal ‘n e-pos kry ter bevestiging.

Kontak Skoonma

Vir enige navrae, e-pos asb na info@skoonma.com

Ons probeer binne minder as ‘n dag na jou terugkom!

Omruilings

Ons doen ons absolute bes om te verseker dat alle afmetings op Skoonma 100% korrek is; verseker groot asb dat jy jouself korrek meet ūüėČ

Indien jou item, vir een of ander rede, nie pas nie, kontak ons asb op info@skoonma.com binne 7 dae wat jy jou bestelling ontvang het.

Sodra jy ons e-pos sal ons ‘n¬†pickup re√ęl vir die item wat nie pas nie…sodra ons dan die item ontvang, en hy nie beskadig is nie, sal ons vir jou ‘n koepon stuur vir die waarde van jou item.

Maak GROOT seker dat die item ook skoon is (m.a.w nie vol sweet of make-up is nie) en mooi verpak.

A.g.v die beperkte voorrad doen ons nie ‘n fisiese omruiling nie (en ons doen ook geen¬†refunds nie)

Gratis aflewering is net geldig vir¬†EEN¬†pickup & aflewering; Skoonma vra ‘n fooi van R100 vir enige ekstra¬†pickups & aflewering.

Omruiling word ook nie gedoen op enige uitverkoping & Thrift items nie

Verstellings Aan Items

Elke nou en dan sit ‘n item nie 100% volgens almal se smaak nie.

Dit mag dalk bloot wees dat jou bou verskil van die ontwerp van ‘n spesifieke item.

Skoonma doen verstellings aan enige Skoonma Thread produk vir slegs R200.

Indien jy ‘n item wil verstel, e-pos ons by verstellings@skoonma.com en ons sal jou deur die proses lei.

*neem kennis dat verstellings SLEGS gedoen kan word indien ‘n item kleiner gemaak moet word.

Wanneer kan ek my bestelling verwag?

Ons afleweringstyd is rondom 14 werksdae, want jou item word handgemaak deur een van ons ongelooflike naaldwerksters.

Alle Thread items vat 8-10 werksdae om te voltooi.

Sodra jou item klaar gemaak is word dit spesiaal vir jou verpak gestuur via Aramex!

Jy sal wel ‘n tracking nommer per e-pos ontvang sodat jy kan sien waar jou pakkie is. Hierdie¬†tracking nommer kan ingesit word op ARAMEX se webwerf… nie op Skoonma s’n nie. [indien jy geen e-pos ontvang vanaf jy jou bestelling geplaas het nie, kyk in jou¬†spam/junk folder]

Indien jy nie in ‘n groot(erige) stad is nie, mag jou bestelling ‘n klein bietjie langer vat om jou te bereik…maar hy sal by jou aankom.

Dankie vir jou geduld en ondersteuning.