DU RANDT BOSCH 2017 Grateful

Home/DU RANDT BOSCH 2017 Grateful

DU RANDT BOSCH 2017
Grateful

Daar is min dinge in die lewe wat ek so baie geniet soos om goeie wyn saam met goeie mense te drink.

Te danke aan die gesogte HERMANUSPIETERSFONTEIN WYNE en hul ongelooflike wynmaker, Wilhelm Pienaar in samewerking met sy regterhand bemarkingshoof Anika de Goede, was ek in staat om ‘n heerlike nuwe wyn te produseer.

Dit is ‘n HEERLIKE 2017 geheime rooi versnit wat jy saam met jou geliefdes kan geniet.

Ek hou daarvan dat wyn mense bymekaar bring en die feit dat dit Jesus se heel eerste wonderwerk was; om water in wyn te verander. Ek waardeer die gemeenskaps en Bybelse betekenis van wyn.

Vir my is wyn drink deel daarvan om die lewe te celebrate en so ook alles wat jy het om voor dankbaar te wees. Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees, maar dit is ‘n keuse en ‘n lewenswyse.  Ek nooi jou saam op hierdie lewenswyse – een gevul met dankbaarheid en celebration.  Dit is nie gelukkige mense wat dankbaar is nie, maar dankbare mense wat gelukkig is en selfs nog meer as dit VREUGDEVOL is en dit is verewig, want dit kom vanaf die vrede van God.

My wyn is baie EKSKLUSIEF en SLEGS AANLYN BESKIKBAAR hier by ons en daar is is SLEGS 1000 bottels beskikbaar.  Net om dit nog meer spesiaal te maak sal elke bottel wat na jou gestuur word in ‘n baie mooi boks van sy eiekom (dit is nog ‘n verrassing, ons sal die bokse later onthul.) EN ek gaan elke bottel self nommer en persoonlik teken voor ons dit na jou stuur.

NEEM ASB KENNIS dat voorafbestellings nou amptelik OOP is en dat jou wyn eers afgelewer sal word op die 2de November, en wag vir dit, VERNIET te danke aan ons amazing courier vennote Aramex – so GEEN AFLEWERINGSFOOIE vir my wyn nie dames.

Dit maak ‘n wonderlike GESKENK vir Kersfees wat op pad is en/of enige troue of verjaasdag waarna jy genooi is.

Jy kan altyd ook net jouself ‘n bietjie bederf en deel wees van hierdie beperkte #Grateful getekende versameling.

Ons het ‘n spesiale aanbod vir jou – vir elke 6 bottels wyn wat jy koop sal jy 10% afslag kry.

Bestel joune voor dit te laat is!

Mag jy lekker lag en die beste tyd hê wanneer jy my wyn drink.